Debt Centre

sakrekenaar toepassing help verbruikers

Die afgelope drie maande was ons lewens as verbruikers, werkers, broodwinners en ons skoolgaande en tersiêre studente oornag versteur deur die onbekende en gevreesde Corona – virus pandemie. Die “lockdown” is so ‘n drastiese aanpassing, dat ons gesukkel het om gewoond te raak aan die idee om heeltyd binneshuis te wees, nie toegelaat te word om uit te gaan nie, en die motor te laat staan  behalwe wanneer daar winkels toe gegaan kan word vir die noodsaaklike behoeftes vir die huis.

Honderde firmas het groot inkomste verliese gely weens die gedwonge toemaak van hul besighede, moes die meerderheid van hul werkers afdank of kort betaal. Niemand weet wanneer die inperkings en inhok wette gaan verslap sodat die ekonomie weer kan oopmaak en die Vlak 3-regulasies word nie juis duidelik uiteengesit deur die regering. Dit veroorsaak paniek en onsekerheid in die gemeenskap omdat die wat nog ‘n werk het, kry nie hul volle salarisse om al hulle skuld te kan betaal nie, en die geld goed bestuur om noodsaaklike kos te koop vir die huishoudings.

Huisverbande en voertuie se onbetaalde paaiemente, ander kredieteure se skuld wat nie gedek kan word nie, is iets wat nou buite mense se beheer is. Niemand wil nou in hierdie tyd hul huis of kar verloor nie, en as gevolg van beperkte inkomste heers daar ‘n geweldige onsekerheid en vrees dat dinge nog erger kan raak.

Bestuur jou skuld deur koelkop te bly.

Meeste verbruikers het reeds hulle krediteure gekontak vir ‘n betalings vakansie, party verbruikers het twee maande gekry, en ander het gekwalifiseer vir drie maande. Ons het uitgevind dat baie verbruikers wat huisverbande en motor finansiering het, moet by die einde van die betalings  vakansie die nuwe verhoogde premie begin betaal, of hulle nou ‘n vermindere salaris verdien of nie. Hoe bly ‘n mens koelkop met hierdie swaard oor jou kop dat die 60 werksdae vinnig uitloop…

Ons besef al te goed dat baie verbruikers nie hierdie betalings plan gaan kan nakom nie, en hoë die risiko loop van regsaksie weens wanbetaling en eise teen hul bates. Baie verbruikers was nie oorverskuldig of agter met hul betalings  voor COVID19 nie, maar sit nou wel in die verknorsing weens die wetlike staat van inperking wat veroorsaak het dat hulle inkomste gesny was, of dat hulle afgedank was.

Hoe Debt Centre kan help

Daar is krediteure wat net tot op ‘n punt verligting kan gee en dit is waar ons inkom om jou as die verbruiker te help. As geregistreerde skuldberaders kan ons namens jou optree en met al jou krediteure onderhandel, en sodoende jou bates beskerm teen regsaksie en van beslaglegging.

Hierdie situasie staar baie mense in die gesig en daar is nie verdere verlenging van krediteure wat hulle gemoedsrus kan gee nie. Kontak ons dan by Debt Centre, so spoedig as moontlik sodat ons betyds met u in kontak kan kom. U krediteure moet in kennis gestel word dat u oorverskuldig is en daarop wetlik geregtig is om die hulp van ‘n geregistreerde skuldberader te kry.

Debt Centre se nuwe verbruikers vriendelike skuldassesseeringsrekenaar (debt assessment calculator) toepassing https://debtcenter.co.za/contact-us is deur ons span ervare skuldberaders ontwikkel om verbruikers meer effektief by te staan wanneer hulle hulp nodig het. Wanneer die rekenaar vraelys voltooi is, is daar twee bevindings.

  1. U is oorverskuldig
  2. U is nie oorverskuldig

Volgens hierdie inligting kan Debt Centre se span vinniger intree en die angstige verbruiker help om spoedig finansiële hulp en verligting te kry.

“We dare to care for Excellence”!  

Beskerm u bates deur die National Krediet Wet  “Section 86 of the National Credit Act 34 of 2005” wat u die reg gee om aansoek te doen by ‘n Geregistreerde skuldberader.

Ons doelwit is om verbruikers te ondersteun sodat die banke nie onregverdiglik kan optree sodra die inperkings verlig word nie. Ons kan verhoed dat die krediteure die hof dan nader om te eis teen die bates of om voertuie en huise terug te neem deur middel van ‘n beslagleggings bevel. U het die reg om u bates te beskerm en ons het jare se ervaring om u te help, en u situasie te beredder deur middel van ‘n wetlike proses genaamd “debt review” of skuldhersiening.

Skuldhersiening is nie ‘n dood vonnis nie  en ons kan u help om die program tydelik te gebruik, sou u daarvoor kwalifiseer, net totdat alles weer terugkeer na normaal. Ons is daar om kliente by te staan met advies en raad om die regte besluite te neem in hierdie tyd van nood, om pro-aktief te bly en die probleem onder die vaandel van die Krediet Wet op te los.

Hoe bly ‘n mens kalm en besig in hierdie tyd?

Oefening is baie goed vir die liggaam en vir ‘n gesonde verstand, dit bou die spiere en verbeter bloedomloop, dit skei ook gesonde hormone af genaamd endorfiene, wat die brein stumileer om te help met angs en depressie

Om besig te bly in die tyd van inperking is noodsaaklik vir ‘n gesonde gemoed, vir baie ouers is dit moeilik om van die huis af te werk, en met die kinders se skoolwerk by te hou. Ons lewe kan ook nie net bestaan uit kinders se skoolwerk en ons werk terwyl ons in ons huise vasgevang sit nie. Haal die breiwerk uit en maak daardie ou trui klaar, of doen naaldwerk en maak maskers vir jou geliefdes en vriende vir wie jy omgee.

Plant groente en maak die tuin se omgewing netjies skoon. Vind uit watter tipe groente kan nou geplant word voor die winter, soos soetpatat, wortels, aartappels, en uie waar jy dit dan kan gebruik in die kombuis, maak dit ‘n familie projek en kry almal in die huis betrokke.

Ons kan saam staan en mekaar motiveer en ook meer begrip toon vir ander se swaarkry gedurende hierdie tyd. Om te skryf oor ons gevoelens is goed want dit gee mens insig oor hoe jou mense om jou ook negatief geraak word deur die inperkings, en wat se uitwerking dit het op die gesinslede. Deel die vrese oor persoonlike en besiheids finasies met mekaar en gesels openlik hoe julle mekaar beter kan ondersteun en bystaan. Luister na wat die kinders wil sê, hulle moet gehoor word en is ook baie moeilik vir hulle wat verlang na hulle maats en die vryheid van uitgaan en deel te wees van normale kinder aktieweteite soos sport ens.

Gedurende etenstyd, gaan terug na die ou gewoontes en dek die eettafel vir die gesin. Die etenstafel is altyd ‘n baie goeie plek om saam te wees, saam te gesels oor die gebeure buite ons beheer. Ondersteun mekaar is al wat ons kan doen.

Ten Slotte:

Die omvang van die pandemie en die regering se inhok wette en regulasies het diep in die gemeenskap finansieële verwoesting gesaai. Daar is geen wenners in hierdie tyd nie, net die hoop dat mense weer gaan kan opstaan en nie hul bates verloor terwyl die inperkings stadig met tyd gelig word nie.

Die HOOP wat Debt Centre aan verbruikers kan bied gedurende die onbekende gaan kliente nog baie geld spaar oor die volgende vyf jaar. Ons is hier vir verbruikers wat ons dienste benodig rakende hulle skuld wat nou tegnies ‘n probleem geword het.

Boodskap van die skrywer:

Die skok en angs wat mense onseker en desperaat laat, is te verstane waneer jou werk in gedrang is, of wanneer die geld min raak om kos op die tafel te sit. Niks was voorsien nie en sonder mekaar se ondersteuning kan dit nog moeiliker raak. In sulke tye soek ‘n mens die versekering dat more sal dit beter wees, dat daar ‘n silwer rand sal wees aan die donker wolk. Kom ons bemoedig mekaar, glo met vaste vertroue dat die Here is altyd daar vir ons, en met daardie geloof, groet ek julle tot ‘n volgende keer.