fbpx

0211005451

info@debtcenter.co.za

 

Debt Centre
Krises rondom skuldverpligtinge

Die krisis rondom Covid-19-isolasie en jou skuldverpligtinge

Dit is die begin van die 21 dae lange nasionale inperking wat deur pres. Cyril Ramaphosa aangekondig is as ’n ernstige maatreël om die verspreiding van die nuwe coronavirus en die siekte wat dit veroorsaak, Covid-19, in ons land te bekamp.

Ons hier by Debt Centre wil ons lesers en kliënte met hierdie joernaal meer gemoedsrus gee ten opsigte van die negatiwiteit en onsekerheid oor hul maandeind-skuldterugbetalings wat by baie van ons vrees inboesem.

Ons het vroeër in die media gehoor van die eerste sterfgeval in die Wes-Kaap en ons sien die daaglikse toename in die syfer van diegene wat positief getoets is vir Covid-19.

Die hele nasie is paniekerig oor hoe hierdie pandemie hulle lewe en finansies gaan benadeel. Die tragiese nuus van die duisende sterfgevalle wêreldwyd en hoe ál meer mense siek verklaar word, dra by tot die stresvolle publiek se bekommernis.

In Suid-Afrika is daar ’n diverse samestelling van kulture met hul eie lewenstyle en verskillende inkomstegroepe. Suid-Afrika se sakesektor, asook die lanbou en mynbou, en talle ander werkverskaffers gaan ’n hewige inkomste-terugslag tegemoet. Dit veroorsaak ’n swaar las op hul begrotingspakkette om die salarisuitbetalings aan diensnemers te dek.

Die publiek is verward oor wat die volgende 21 dae vir hulle inhou. Die spanning loop hoog  weens die onsekerheid oor die mootlikheid dat hulle hul werk kan verloor of nie hul salarisse gaan kry aan die einde van die maand nie.

Duisende mense het inderhaas teruggekeer na hul tuisdorp voordat die spertyd Donderdagaand om middernag in werking getree het. Diegene wat dit kon bekostig, het paniekbevange op ’n selfsugtige inkopiestrooptog deur die winkels gevaar om hul huishoudelike voorraad op te bou, net in geval die verskaffers se goedere opraak en daar niks meer beskikbaar sal wees wat hulle dalk nodig gaan kry in die weke wat voorlê nie.

In my praktyk as skuldberader beleef ek eerstehands die impak en gevolge wat die coronavirus-pandemie in die werkplek veroorsaak. Die nasionale regering het onlangs aangekondig hy gaan ’n hulpfonds stig om krediet te verleen aan diegene wat gebuk gaan onder swaar verliese aan inkomste. Die gewone publiek is nog onseker of hulle kwalifiseer en verstaan nie die samestelling van dié fonds alvorens dit in werking tree nie.

Almal het op die laaste dag voor die spertyd inderhaas reëlings  getref, mediese voorskrifte en laaste aankope afgehandel voordat die regering se noodmaatreëls ingestel is.

Die algemene vrees by die meeste mense is dat hulle hul werk kwyt kan wees en hul inkomste gaan verloor as gevolg van die verliese wat hul werkgewer gaan ly. Sodoende sal die maandelikse skuld ophoop en hulle sal onder meer nie hul huislenings, motorpaaimente en banklenings kan bekostig nie.

Hoe om jou krediteure te hanteer

Verbruikers kan hul kreditieure kontak en aansoek doen vir ’n grasieperiode aangaande hul onmiddellike paaimente om sodoende finansiële verligting te verkry in die onsekere tye wat voorlê.

Ons stel voor die verbruiker moet dan die volgende vrae stel:

  1. Hoe sal die grasietydperk die toekomstige paaimente beïnvloed tot en met die tyd wanneer die werkgewer weer kan voortgaan met normale salarisuitbetalings?
  2. Wat sal die rentekoersverandering wees op die agterstallige bedrag?
  3. Sal die krediteur die kliënt in dié tydperk aan prokureurs oorhandig en by die Kredietburo aanmeld?
  4. Kontak die

    Krediet lewens versekering

    op u rekeninge wat hierdie dekking het, die polisse kan u skuldverpligtinge tot 6 maande betaal.

 Belangrike wenk: Kry alle ooreenkomste wat jy aangegaan vir jou eie rekord op skrif van die betrokke krediteur.

Wat van skuldhersiening-terugbetalings?

Hou in gedagte dat skuldhersieningskontrakte ’n regsaangeleentheid is en die verbruiker geniet die voordeel en beskerming van die Nasionale Kredietwet in Suid-Afrika. Duisende sake van verbruikers wat in die skuldhersieningsprogram is, het wettige en goedgekeurde skuldhersieningshofaansoeke, wat deur landdroshowe aan die Nasionale Verbruikersraad toegestaan is. Ander verbruikers het aansoeke ingedien wat verhoorafwagtend is hangende die hof se goedkeuring, en ander het weer bestaande kontrakte met hul krediteure in werking.

Dit is dan ook verstaanbaar dat baie verbruikers bekommerd is oor die kontrakterugbetalings as gevolg van die salarisonsekerheid wat heers tydens die coronavirus-pandemie.

Hier is wat jy moet doen…

  1. Kontak jou wergewer en vra ’n

    skriftelike verklaring oor enige salarisveranderinge of gewysigde omstandighede in jou werksplek.

  2. Indien jou

    werkskontrak onderhewig aan die tydperk van nasionale inperking opgeskort is, moet jy dit op skrif van jou werkgewer kry.

  3. Hou ’n

    rekord van al jou salarisbewyse gedurende die inperkingstydperk.

  4. Indien jy

    werkloosheidsuitbetalings ontvang, kry ’n verslag van die totaal wat aan jou uitbetaal word op rekord.

  5. Indien jy

    afgedank word, behou alle relevante dokumente om later voor te lê.

  6. Maak so gou as moontlik

    kontak met jou skuldberader vir finansiële en skuldadvies.

  7. Vra jou

    skuldberader om ’n vorm 17.3 na jou krediteure uit te stuur wat die onvoorsiene verandering van jou werksomstandighede staaf.

  8. In die geval van enige hofbevel wat jy ontvang het,

    vra jou skuldberader om dieselfde prosedure met die vorm 17.3 te volg met ’n aangepaste aansoek in jou hoedanigheid.

  9. Watter rekeninge het

    krediet lewens versekering, vind meer uit oor die dekking wat u skuldverpligtinge kan betaal.

Belangrik om te onthou

Ons versoek ons skuldhersieningskliënte om hierdie onsekere tye vorentoe met ’n kalm gemoed te betree, wetende dat daar ’n regsproses in plek is wat hulle in die nasionale inperkingsperiode sal beskerm  en met die wete dat niemand nou al kan bepaal hoe lank die nagevolge daarvan kan duur nie.

Wat om te doen indien jou aansoek vir grasie vir terugbetaling onsuksesvol is?

As jou krediteure jou aansoek om grasie of verlof vir terugbetaling gedurende die nasionale inperkingsperiode van die hand wys en jy dus nie jou rekeninge kan betaal nie, is die beste raad wat ons jou kan gee om ’n geregistreerde skuldberader te kontak wat jou sal help om jou bates te beskerm.

Wat kan Debt Center vir jou doen?

Doen eerstens aansoek vir skuldhersiening ingevolge die Nasionale Kredietwet.

  1. Keer dat krediteure regstappe teen jou instel nadat die inperkingsperiode verby is.
  2. Debt Centre sal jou aansoek vir skuldhersiening binne 24 uur voltooi en ál jou krediteure betyds verwittig nadat jy die aansoekpak, oftewel vorm 16, ingevul en geteken het.
  3. Debt Centre sal die aansoekvorm met ’n aanlyn verbintenis na jou slimfoon stuur en jou die tyd spaar om dit uit te druk en te skandeer.
  4. Debt Centre sal al jou krediteure binne ’n kort tydjie van die aansoek en omstandighede verwittig, en namens jou met hulle onderhandel.
  5. Debt Centre het ’n professionele span skuldberaders wat aanlyn en landwyd enige desperate verbruikers kan help met hul skuldlas.
  6. Debt Centre sal ook aan elke aansoeker ’n verwelkominigsbrief en nodige dokumente stuur wat alle wetlike aspekte uiteensit van hoe skuldhersiening werk.
  7. Debt Centre sal ook aan jou alle kopieë aanstuur van die amptelike korrespondensie met jou krediteure.

Betalings breuke kom op ‘n einde vir meeste verbruikers by end Junie, daarna word die normale betalings se debiet orders weer deur krediteure op hulle stelsels herlaai. Indien u teen Junie maand steeds sukkel, kontak asseblief vir Mev. Nel by 0834593056 vir dringende hulp.

Wie kwalifiseer vir die skuldhersieningsprogram?

  1. Privaat en selfstandige sakeondernemers
  2. Maandelikse salaristrekkers
  3. Getroude pare wat binne gemeenskap van goedere getroud is
  4. Getroude pare wat buite gemeenskap van goedere getroud is
  5. Restauranteienaars en ander besigheidseienaars met bates in hul naam
  6. Pensioenarisse
  7. Plaaseienaars met skuld in hul persoonlike naam
  8. Weeklikse salaristrekkers
  9. Werkers wat afgedank is of wie se dienste opgeskort is as gevolg van verliese wat die werkgewer in die inperkingsperiode gely het

Ter afsluiting

Debt Centre verstaan die vrees en onsekerheid waardeur mense in dié tyd gaan, en wil verbruikers die versekering gee dat die Nasionale Kredietwet vandag die beste hulp bied waarop jy kan staatmaak. Dit is die beste wetlike manier om jou bates teen krediteure se regstappe en invordering te beskerm.
Alle verbruikers is geregtig op skuldhersieningshulp, maak nie saak wat die omstandighede of die grootte van jou inkomste is nie. Moenie dat die nasione inperkingsperiode en die vrees van ander jou lewe omvergooi nie, want jy het rekeninge om te betaal en niemand kan bepaal wat die toekoms vir ons almal inhou nie.

Boodskap van die skrywer, Annienne Nel:

Die skielike uitbreking van die coronavirus-pandemie en die dramatiese uitwerking wat dit alreeds op sakeondernemings, groot besighede en menselewens het, kan katastrofiese gevolge hê. My bekommernis en meegevoel gaan uit na die talle kleinsakeondernemers wat op hulself aangewese is en wat hierdie tragedie nie gaan oorleef nie, asook diegene wat hul besittings en inkomste al verbeur het as gevolg van paniek oor dié virus.

Ons moet hande vat en mekaar uithelp waar ons kan, en saamstaan as ’n eenheid. Dit is belangrik dat ons die gevolge en die simptome van die virus verstaan, en sover as moontlik verhoed dat ons of ons geliefdes aangesteek word deur iemand wat siek is.

Ek wil ál my lesers sterk aanbeveel om binnenshuis te bly en die reëls en regulasies vervat in die nuwe wette wat die regering aangaande die inperkingsperiode gepubliseer het, na te kom. Bly gesond, beplan vooruit met wat jy het en vertrou dat God altyd in beheer is. Tot volgende keer, goed gaan en God se seën op julle almal.

 

error: Content is protected !!